Jy het seker al van 'n sendeling gehoor. Miskien in jou kerk of op die radio. Dan dink jy seker dit is 'n ou man wat mal is en wat na 'n ander land toe gaan om Jesus se boodskap in mense se kele af te druk. Wel hier is dit anders! 'n Gesin van drie is op pad Japan toe om sendelinge te wees. Tobie (53), Annalie (46) en ek Nico (13) de Wet.  Wat wonderlik is van hierdie sending, is dat klomp kinders deel van die sending is. Kinders het besluit om by my Nico betrokke te wees, m.a.w. om vir my te ondersteun met kontak en 'n klein bedrag geld. Ek Nico gaan nie sending doen om op my eie plannetjie mense te help nie en vir my self 'n goeie rekord op te bou nie, nee ek gaan om julle verteenwoordiger te wees om julle amdassedeur te wees om in julle plek te gaan as 'n sendeling!